ChatGPT-3.5 kan kort Afrikaanse gedigte skep en verdedig: Implikasies vir die praktyk

Published: 26 February 2024| Version 1 | DOI: 10.17632/c8wgbdf32z.1
Contributor:
Christa van Staden

Description

Die doel van die navorsing was om te bepaal of ChatGPT-3.5 kort gedigte in Afrikaans kan skep en regverdig. Vir die doel is ChatGPT-3.5 gepor om tien soorte kort gedigte te skep en te regverdig. Indien dit gesukkel het, is leidrade aangebied. Daar is bevind dat ChatGPT-3.5 'n haku, tanka akrostigon sonder hulp kon skep van die gedigte, en dat dit self die fout met 'n senryu raakgesien het. Dus kon dit 40% van die gedigte sonder leidrade skep. Dit het eers gefaal om 'n maskergedig en 'n vormgedig te skryf, maar het leidrade verstaan en die foute reggemaak (20% van die gedigte). Die limiriek, sedoka en cinquain was gedeeltelik korrek, maar ChatGPT-3.5 kon nie leidrade gebruik om dit te verbeter nie (30% van die gedigte). ChatGPT-3.5 kon nie 'n lume dig nie en ook nie wenke gebruik om dit reg te maak nie. (10% van die gedigte). ChatGPT-3.5 kon al die gedigte regverdig, maar het ook foute gemaak en oortuigend gehallusinieer. Gebaseer daarop kan ChatGPT-3.5 bruikbaar in klaskamers wees, maar dit kan ook plagiaat bevorder. Daarom is strategie vir verantwoordelike gebruik van ChatGPT-3.5 voorgestel. Die gedigte en sy regverdigings is nie in detail bespreek nie, daarom kan dit moontlik verdere navorsing inspireer.

Files

Steps to reproduce

I have provided all prompts in the data set

Institutions

University of the Free State

Categories

Artificial Intelligence, Education, Educational Technology, AI-Human Interaction

Licence