ChatGPT-4V en lugfoto's

Published: 11 June 2024| Version 1 | DOI: 10.17632/wmwjbf5y9t.1
Contributor:
Christa van Staden

Description

Die doel van die ondersoek was om die implikasies vir die praktyk te bepaal indien ChatGPT-4V lugfoto’s kan ontleed, ‘n doel wat binne die raamwerk van verkennende gevallestudie bereik is. Vir die doel van die ondersoek is tien gesprekke met ChatGPT-4V gevoer om te bepaal of dit lugfoto’s kan ontleed en oor genoegsame geografiese kennis beskik om die response te verdedig. Daar is bevind dat ChatGPT-4V belangrike implikasies vir die praktyk inhou omdat dit lugfoto’s redelik suksesvol kan ontleed, oor geografiese kennis beskik en berekeninge kan maak, maar ChatGPT-4V het ook foute gemaak en nie herken dat dit foute gemaak het nie. Inteendeel; dit het probeer oortuig dat die response korrek was. Gebaseer op die bevindinge is afgelei dat ChatGPT-4V bruikbaar en misbruikbaar in Geografie-klaskamers is, daarom behoort beleid en strategieë in plek te wees om verantwoordelike gebruik van hierdie kunsmatig-intelligente hulpmiddel te bevorder.

Files

Steps to reproduce

ChatGPT-4V was prompted to answer several questions related to aerial photographs after being prompted to analyse and interpret several aerial photographs. The questions were related to questions that could be asked in a geography classroom. The dataset consists of all prompts and responses.

Institutions

University of the Free State

Categories

Geography, Education, Aerial Photography

Licence